Nie net ‘n “yuppie fase”

‘n Maand terug het ek my 27ste verjaarsdag gevier en dit is al meer as ‘n jaar terug wat ek uit gekom het aan my ouers.

‘n Kort tydjie nadat ek uit gekom het , het my pa vir my ma gese dat dit net ‘n “yuppie fase” is waardeur ek gaan en dit sal oorwaai….of so het hy gehoop.

Vandag sit ek 10 000km van die huis af en al vir meer as tien maande lank bly ek en my beste vriendin in die oerwoud. No jokes. Letterlik in ‘n oerwoud in die noorde van Thailand.

Mens sou dink met hoe open minded die Thais is teenoor gays, sou ek ‘n fees van ‘n tyd he.

Behalwe vir die vier dae in Desember wat ons op ‘n baie gay friendly eiland spandeer het, het ek verder  geen kontak met enige ander ouens nie. Geen coffee dates of hookups. En jip, sonder twyfel is ek steeds gay.

Sien gay wees is nie iets wat jy gaan ontgroei nie. Jou seksualiteit kan nie skielik oornag verander nie.

Die realitiet is dat ek nie tyd alleen nodig gehad het om myself te vind nie. Die het ek al geweet voor ek uit gekom het.

Dit is wie ek is, en deur myself te omring deur ander gay mense laat my net meer positief voel oor my lewe. Kyk die gay scene is nie vir almal nie, maar vir my persoonlik laat dit my net voel ek is nie alleen nie. Daar is ander net soos ek wat ook deur presies dieselfde dinge gaan en wat ook verwerp word deur, familie, vriende en vreemdelinge.

Selfs al het ek al vir amper elf maande geen interaksie regtig met ander gay mense, verander dit glad nie wie ek is.

So nee. Dit is nie net ‘n fase nie.

Onthou: dit raak beter.

Tot later,

DieRailwayKind

 

 

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: